’n Japannese man het die afgelope jaar sowat R1,8 miljoen se kontant en juwele gesteel om sy eie kat en 119 rondloperkatte met kos uit die boonste rakke te bederf.

Dié bekentenis het hy aan die Japannese polisie gedoen toe hy onlangs vasgetrek word, berig time.com.

“Hy het hulle vars vis en hoender gegee; nie goedkoop blikkieskos nie,” het ’n polisieman gesê.

“Hy het in sy verklaring gesê hy was op sy gelukkigste wanneer hy sy wang teen die katte kon vryf.”

Die werklose dief het na raming sowat R2 500 per dag aan die katte se kos bestee. Dit is nog onbekend wat hy met die res van die geld gemaak het.

– Christiaan Boonzaier