Een man was so ingenome met sy motor dat hy gesit en vet gee het terwyl mense die motor (wat jou sowat R4 miljoen uit die sak sal jaag) gestaan en afneem het.

Maar sy trots het gou in afgryse verander toe die omstanders hom wys die agterkant van die motor is in vlamme gehul.

Die uitlaatpyp het vlamme uitgeblaas wat die agterkant van die motor aan die brand gesteek het.

Nadat hy nie die vlamme kon blus nie, het hy weggery, wat die vlamme net verder aangeblaas het.