’n Stomgeslane bestuurder kon sy oë nie glo toe hy homself op een van die besigste paaie in Los Angeles bevind het nie. Die rede het hy op sy selfoon vasgevang: ’n Audi wat meer as 3 km ver gevaarlik in trurat voor hom ry.

Volgens ABC7 is die bestuurder en sy vroulike passasier vir die eerste keer op Mulholland Drive opgemerk. Daarna het dit in trurat op Laurel Canyon Boulevard in die rigting van Sunset Boulevard gery.

Volgens die polisie is hierdie insident een van die ergste gevalle van roekelose bestuur wat speurders nóg teëgekom het.

Die swart Audi het minute lank in trurat gery en om verskeie skerp draaie gegaan. Op een tydstip het dit gelyk of ’n voetganger amper raakgery is.

Die motor is verskeie kere oor ‘n dubbele geel streep en het die aankomende verkeer rakelings gemis.

Toe die verkeer die besige Hollywood Boulevard nader, steek die bestuurder selfs ander motors verby – steeds in trurat!

Die polisie het aan die CBS Los Angeles-televisiestasie gesê hulle sal probeer om die bestuurder te vind. Hy aangekla sal word van oortredings soos roekelose bestuur, spoed, ry oor dubbele geel strepe en versuim om aan die regte kant van die pad te ry.