Mahindra het pas ’n mededinger in die mededingende segment vir kompakte sportnutsvoertuie bekendgestel.

Dié Indiese motorvervaardiger se nuwe Quanto kos R199 900 en dit gaan meeding met die intreevlakweergawes van die Ford EcoSport en Renault Duster.

[post-slider]

Onder die Quanto se enjinkap is ’n 2,2 L-turbodieselenjin wat 89 kW en 290 Nm ontwikkel. Volgens Mahindra is die gemiddelde brandstofverbruik 7,6 L/100 km.

Soos dit ’n tipiese sportnutsvoertuig betaam, lyk die Quanto soos ’n mini-viertrekvoertuig met 200 mm se grondvryehoogte terwyl die spaarwiel ook op die agterklap gemonteer is. ’n Ware viertrek-weergawe gaan egter ook binnekort beskikbaar wees.

Veiligheidskenmerke sluit in voorste lugsakke en ABS-remme. Binnelangs is daar onder meer lugverkoeling, ’n klankstelsel en elektriese vensters.

Die Quanto word geborg vir drie jaar of 100 000 km gewaarborg en die diensplan geld vir drie jaar of 60 000 km.