Vanaand se TV-rooster:

18:30 Binneland (kykNET): Lukas belowe hy sal Delia help as sy tekens van geestesversteuring begin toon. Franz het ’n appeltjie te skil met jonger personeellede oor ouerskap.

19:00 Modern Family (M-Net): Gloria en Jay doen groot moeite om vir Manny ’n besonderse verjaardagpartytjie te reël.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Derek, Meredith, Cristina en Arizona kry nuus oor die vliegongeluk-hofsaak. Jackson behandel een van Mark se pasiënte.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Die spanne vlieg per helikopter na ’n eilandparadys en moet resies jaag teen ’n reuse skilpad. Daarna moet hulle soek na ’n boodskap op die seebodem.

21:30 Human Target (SABC 3): Ilsa se vriend word as gyselaar gehou. Chance moet sy aartsvyand om meer inligting vra.

Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.