Vanaand se TV-rooster:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Anthony vra liefdesraad by Sussie. Hermien speel haar spel meesterlik, maar kry nie die verlangde resultaat nie. Wat sal haar volgende skuif wees? Philip beïndruk die mense van Villa Rosa ál meer.

19:00 Modern Family (M-Net): Jay se Nuwejaarsplanne loop skeef toe almal hul eie ding beplan.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Bailey stel haar troue uit om Adele se lewe te red.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Die deelnemers is nie ingenome nadat hulle na die verkeerde bestemming vertrek het nie. Nog ’n deelnemer toets hoe sterk “duct tape” is.

21:30 Human Target (SABC 3): Ames keer terug na haar slegte gewoontes. Chance werk onder ’n dekmantel tydens ’n nagebootste rooftog sodat hy haar kan beskerm.

Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.