Hier is vanaand se TV-rooster:

17:30 Roer! (kykNET): Amore Bekker is die stem op RSG wat ’n mens smiddae veilig en rustig huis toe begelei. Sy het al ’n resepteboek saamgestel en is by uitstek bekend as uitmuntende gasvrou, iets waarvan Tammy-Anne na dese kan getuig.

18:30 Binneland (kykNET): Daleen en Quinton se toekoms is onseker, terwyl Bea dankbaar is dat Gideon ingryp met Morné – terwyl Charnay nie veel hoop het nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Ten spyte van die hofsaak werk Owen en Cristina aan hul verhouding. Jackson en April se aandag word afgelei deur ’n skokkende situasie. Bailey en Ben stry oor die trouplanne.

20:00 The Amazing Race (SABC 3): ’n Span verdwaal toe ’n deelnemer nie so goed ’n kompas kan lees as wat hy gedink het nie. ’n Ander span beland in die hospitaal.

21:30 Touch (M-Net): Lucy soek al drie jaar na Amelia en raak nou gefrustreer en besluit om eie reg te gebruik.

22:00 Annapolis (SABC 2): Jake werk by ’n skeepswerf en droom van ’n  militêre loopbaan by Annapolis, die Amerikaanse Vlootakademie. ’n vlootman sien hom boks en beveel hom aan vir die laaste plek in die akademie. Met James Franco.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.