Wat is vanaand op die kassie?

19:30 Fiësta (kykNET): Die bluesmusikant Albert Frost is vanaand se gasaanbieder en besoek Tulbagh se Lentekunstefees.

19:30 Sleepy Hollow (M-Net Series Showcase): Abbie en Ichabod moet versteekte leidrade opspoor en ontsyfer om die bose in Sleepy Hollow te fnuik. Abbie kry ’n onverwagte besoek van die enigmatiese Andy Brooks.

20:00 Treknet (kykNET): Boet voel hy pas nêrens in nie en besluit om sy herkoms na te speur.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Die oorblywende vier spanne reis na Suid-Korea waar hulle dit op ys en water uitspook om die topdrie te haal.

21:30 Nashville (M-Net): Rayna en Juliette moet saamwerk aan ’n duet.

22:30 Law & Order: Special Victims Unit (SABC3): Die negende seisoen eindig. Die span moet ondersoek instel toe die speurder Lake van die moord op ’n polisiebeampte aangekla word.