18:00 The Bold and the Beautiful (SABC 1): Brooke en Ridge probeer uitvind hoekom Hope die troue misgeloop het.

18:26 7de Laan (SABC 2): Dis die aand van Annelie se modeparade en daar’s niemand wat die modelle se hare kan doen nie.

19:00 Modern Family (M-Net): Seisoen 4 eindig. Toe Phil se ma sterf vlieg die familie Florida toe vir die begrafnis. Florida se polisie soek na Gloria omdat sy daar ’n bordeel bestuur het en Mitchell moet haar bystaan in die hof. Intussen ontmoet Jay iemand uit sy verlede.

19:30 Fiesta (kykNET): Die gasaanbieder Stef Bos besoek die Festival voor het Afrikaans in Den Haag, Nederland. Hierdie fees fokus op Afrikaanse skrywers, teater en musiek. Stef besoek ook ’n konsert in Amsterdam waar van Suid-Afrika se gewildste rocksterre opgetree het.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Die doktors berei voor op die superstorm wat op pad is na Seattle. Owen se begeerte om ’n pa te wees neem toe nadat hy meer betrokke by Ethan begin raak het. Meredith en haar baba se lewe is in gevaar.

20:02 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Colin sê vir Boetie hy moet dadelik terugkom werk toe.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die programinligting waarborg nie. Netwerke pas hul programrooster volgens hul eie diskresie aan.