Dis hoekom geen avontuurlustige kyker DisneyXD se nuwe aksiereeks Mighty Med moet misloop nie.

Kaz en Oliver is beste vriende wat graag tyd deurbring in hul gunsteling-strokiesprentwinkel. Nadat een van hul avonture hulle in die hospitaal laat beland, kom hulle af op Mighty Med, die geheime hospitaal waarin superhelde en fantasiekarakters behandel word.

Danksy dié twee maats se verslawing aan strokiesprente, het hulle oorgenoeg kennis van superhelde. So kry hulle werk in dié unieke hospitaal. Die seuns begin ’n dubbele lewe lei: Hulle is gewone tienerseuns maar ook superhelddokters.

Kykers sal Bradley Steven Perry (Kaz) herken as Gabe van Good Luck Charlie. Jake Short (Oliver) het bekend geraak as Fletcher in A.N.T. Farm.

Bradley en Jake is albei gek oor superhelde, en sê dit maak dit maklik om die superheldbehepte seuns te speel.

“Ek hou baie van Captain America en dink Loki is ’n vrek koel skurk. Ek was mal oor hom in The Avengers!”

Hy sal graag onsigbaarheid as ’n superkrag wil hê, of dinge en mense met sy brein kan beheer.

Jake is ook ’n aanhanger van Captain America, maar sê sy gunsteling bly Spider-Man.

Hy sal hom van een plek na ’n ander kan wil teleporteer deur net sy vingers te klap. So nie sal hy wil tydreis en saam met dinosourusse uithang.

Maak seker jy beleef Bradley en Jake se avonture as Kaz en Oliver in die splinternuwe MightyMed. Dit word uitgesaai van 10:15 af op 22 Maart op DisneyXD.