Ons kan skaars wag vir die Days of the Dinosaur-uitstalling wat Vrydag (20 Junie) in Sandton afskop!

Kyk net na dié foto's van die dinosourusse wat by die Sandton Internasionale Konferensiesentrum aankom. Van hulle is darem reusagtig groot!

[post-slider]

Die uitstalling is van 20 Junie - 20 Julie in Sandton te sien en van 31 Julie tot 20 Augustus in Kaapstad.

Kaartjies kos R140 vir volwassenes en R95 vir kinders jonger as 18. Kinders jonger as 1 jaar kan gratis die uitstalling bywoon.

Vir meer inligting en om jou kaartjies te bespreek, besoek www.daysofthedinosaur.co.za