• Sy is gebore as Ella Maria Lani Yelich-O’Connor, maar staan bekend onder haar verhoognaam, Lorde. “Van kindsbeen af het ek gehou van koninklikes en aristokrate. Om Lord meer vroulik te maak, het ek net ’n e aan die einde bygevoeg,” verduidelik sy.
  •  Sy is die eerste Nieu-Seelandse kunstenaar om die eerste plek op die Amerikaanse trefferlys te behaal, en die jongste in 26 jaar – sy was 16 toe Royals ’n treffer geword het.
  •  Sy is steeds net ’n gewone hoërskoolstudent. “Ek het twee van die gewildste liedjies in die land gehad en ek kan nog presies doen wat ek altyd gedoen het. Ek kan rondloop en saam met my vriende partytjies bywoon; dis nog taamlik gemaklik,” sê sy.
  • Sy het nie geskrik vir doodsdreigemente van Miley Cyrus se aanhangers toe Royals in die plek van Miley se Wrecking Ball die eerste plek op iTunes behaal het nie – sy het selfs ’n paar van haar gunstelinge hertwiet.
  • Sy is glad nie gaande oor Die Biebs of One Direction se hartebreker, Harry Styles, nie. “Jig! Hulle kan mekaar kry, ek sal die wittebrood bespreek!”
  • Sy is ’n feminis en nie bang om haar oor haar medepopsterre uit te spreek nie. ‘‘Taylor Swift is so vlekkeloos en onbereikbaar, en ek dink nie dit skep iets goed by jong meisies nie,” sê sy.