Vir baie mense is depressie ’n lewensgevaarlike, verlammende siekte wat hul lewens oorheers. Dis hoekom die Ithemba-stigting op 13 Oktober die Hope Hike in Kaapstad aanbied

– om die stilte te verbreek en mense te laat besef dis ’n biologiese siekte, nes soveel ander. “Ek gaan aan die Hoop Hike deelneem, want ek dink mense moet nou meer as ooit bewus gemaak word van depressie as siekte. Te lank is ons gemaak verstaan dat mense met depressie net ‘aansit’ en hulself net moet ‘regruk’,” sê Dana Snyman, wat ook aan die stap gaan deelneem.

Wat is die Hope Hike?

Die Hope Hike is ’n projek sonder winsoogmerk van die Ithemba-stigting. Dit is daarop   gemik om bewusmaking te skep en geld in te samel vir navorsing oor kliniese depressie en

is ‘n gesinsvriendelike staptog (van onderskeidelik 5 en 10 km) by die D’Aria-landgoed in Durbanville, Kaapstad.

Wanneer 13 Oktober 2013 om 10:00. Registrasie begin 08:30.

Waar: D’Aria landgoed in Durbanville, Kaapstad.

Inskryfgeld

10km – R75

5km – R50

Kinders onder 12 – R30

Skryf so in

Kliek hier om aanlyn in te skryf  (www.iqela-events.co.za)

Vir meer inligting, bel Pieter by 082-924-4083 of Agne by 082-517-4799.