As jy dink die volgende groot Afrikaanse treffer kan uit jou pen kom, moet jy inskryf vir kykNET se Musiek Afri-Visie-“Skryf ’n Treffer”-kompetisie.

’n Paneel kenners behartig die beoordeling en alle liedjieskrywers sal terugvoer op hul liedjies ontvang. Die top-tiende van die inskrywings sal gekeur word en deurdring na die streeksuitdunne, wat einde vanjaar plaasvind. Van daar sal die top-24 aangewys word, wat in Mei volgende jaar in Kaapstad vir die titel as wenner sal meeding.

Inskrywings sluit op 15 September en kykNET behou die reg voor om enige inskrywing te diskwalifiseer wat nie aan kompetisiereëls voldoen nie.

Besoek www.kyknet.co.za vir nog inligting.