Ons is op soek na aantreklike Afrikaanse mans in Gauteng, tussen 22 en 35, wat bietjie minder as niks van kosmaak verstaan.

Het jy 'n aantreklike broer, seun, goeie vriend of kamermaat wat glad nie 'n handjie bysit in die kombuis nie?

Nomineer hul gerus en wees deel van hierdie werkliksheidsreeks waar ons 5 deelnemers volg deur twee aksie-belaaide weke soos hulle manalleen die kospotte probeer baasraak.

Die persone wat die nominasies maak, sal dan die beoordelaars van die deelnemers se sukses (al dan nie) wees.

Stuur 'n kort beskrywing van julle verwantskap, hoe sleg die kêrel kan kook en onlangse fotos aan lippe@redpepper.co.za.

Die fynskrif:

  • Deelnemers moet Afrikaans kan praat.
  • Gebaseer in Gauteng, so as julle van ver is, is die vervoer vir julle eie rekening.