• Nes die meeste modebewuste tieners, is Laura (17) mal oor die kleurblokvoorkoms. “Ek hou baie van helder kleure en spanbroeke.”
  • Haar ouer suster, Vanessa Marano, is ook ’n aktrise. Hulle het die rolle van susters vertolk in die program Without a Trace.
  • Laura woon steeds hoërskool by wanneer sy nie werk nie. “Dis superkoel om saam met my vriende te kan uithang én in ’n klaskamer te wees. Dis nie heeltemal Hannah Montana nie, maar ek kry die beste van albei wêrelde.”
  • Nes haar TV-karakter is Laura ook ’n liedjieskrywer. “Ek skryf al liedjies vandat ek ’n nog klein was.”
  • Haar droomrol? Om Bridget Jones in die blyspel-weergawe van die rolprent te vertolk.
  • Dié besige bytjie het maar min tyd vir romanse, maar dit beteken nie sy stel nie belang nie. “Ek spaar my vir Harry Potter en moontlik mnr. Darcy, want ek weet hulle is daarbuite.”

Volg haar op twitter: https://twitter.com/yaylauramarano

KYK DIT! Seisoen 2 van Austin and Ally is nou op Disney Channel (DStv-kanaal 303) te sien. Dit word Saterdae om 10:00 uitgesaai en deur die week gereeld herhaal.

BRONNE: Twitter; Fanlala.com; dailymail.co.uk; disneydreaming.com; timesfreepress.com