Weet jy wat is ’n langarm?

Dis ’n Afrikaanse selfie – maar net beter, groter en wilder!

Die afgelope paar weke het talle lesers hul foto's met ons gedeel om kaartjies na die Huisgenoot Afskopkonsert by vanjaar se ABSA KKNK te wen.

Maar, dan kan net VYF wenners wees - hier is hulle:

[post-slider]

Dié wenners sal die geleentheid kry om die kunstenaars wat daar optree te ontmoet en hul eie langarm saam met hul geliefkoosde ster te neem. (As jy een van bogenoemde wenners is, en nog nie met ons kontak gemaak het nie, stuur 'n e-pos na web@huisgenoot.com.)

Die Huisgenoot Afskopkonsert vind plaas op die tweede dag van die fees: Saterdag 4 April om 19:00 by die Oudtshoorn-sportterrein.

Kaartjiepryse begin by R120 en jy kan vandag nog jou kaartjies by Computicket bespreek.