Die beeldmateriaal is bykans onmoontlik om te glo.

Die oomblik wanneer jy sien hoe ‘n lyk uit ‘n 7 meter lange luislang se maag uitgesny word. Akbar Salubiro (25) het Sondagaand vermis geraak nadat hy palmolie wou gaan oes op die verlate eiland Sulawesi in Indonesia. Sy vriende het die volgende dag bekommerd geraak toe hy nie teruggekeer het huis toe nie. henrihof Nadat hulle hom begin soek het, het familielede ‘n reuse luislang in Akbar se agtererf Maandagaand gevind – hulle het dadelik vermoed die slang het Akbar versmoor en ingesluk.

Sy lewelose liggaam is binne die luislang gevind nadat inwoners die slang se maag met ‘n 45cm lange jagmes oopgesny het.

Beeldmateriaal, wat deur ‘n bystander opgeneem is, wys hoe die lyk stadig uit die enorme reptiel se maag verwyder word.

Akbar se vrou, Munu, was ten tyde van die voorval nie by die huis nie en het eers van die nuus gehoor toe foto’s en video’s daarvan in die media versprei is.

‘n Inwoner Salubiro Junaidi het gesê: “Mense het iemand hoor skree die aand voor Akbar in die slang se maag gevind is. Toe die slang doodgemaak is, kon ons Akbar se skoene duidelik in die slang se maag sien.

“Ons het die slang se maag oopgesny en Akbar se lyk gekry.”

kim-kardashian-hartseer

Luislange is wurgslange, hulle versmoor hulle prooi voordat hulle dit heel insluk.

bronne: dailymail.co.uk;