'n Man is opgeneem waar hy sy Mercedes-Benz in die middel van ’n besige straat met ’n gholfstok slaan.

Volgens die plaaslike media in Korea was die man woedend nadat hy die splinternuwe motor wou teruggee omdat dit probleme gegee het, maar sy versoek geweier is. Die man se vrou is glo swanger en hy’t gevoel die motor is onveilig nadat dit verskeie kere onklaar geraak het.