Nasa se SLS-vuurpyl en Orion-kapsule sal ons heelpad Mars toe kan neem.

[caption id="attachment_128383" align="aligncenter" width="600"]Foto van die SLS en die Orion LINKS: NASA se kragtigste vuurpyl ooit, die Space.Launch System (SLS). REGS: Die Orion-ruimtetuig Foto's: NASA[/caption]

Terwyl jy hierdie artikel lees, is die ingenieurs by Nasa hard besig om die grootste, kragtigste vuurpyl in die wêreld by die Marshall Space Flight Center in Huntsville, Alabama, te bou. Die magtige SLS (wat vir Space Launch System staan) sal mense en vrag stuur na plekke waar geen mens nog ooit was nie.

’n Kapsule genaamd Orion, soortgelyk aan die Apollo-kapsule maar twee keer so groot, sal bo-op die SLS sit. Die eerste Orion is in 2014 met ’n Delta IV-vuurpyl na die buitenste ruimte gelanseer en het tot ’n hoogte van 5 794 km bo die Aarde gereis (verder as enige ruimtetuig in meer as 40 jaar) om sy veiligheidstelsels te toets.

Sy volgende sending sal in 2018 bo-op die SLS wees wanneer hy in ’n maanwentelbaan sal vlieg om toets hoe die twee tuie (SLS en Orion) saamwerk.

Daarna sal daar geen keer wees nie aan die indrukwekkende tuig wat ruimtevaarders volgens beplanning in 2025 na ’n wentelbaan om die maan sal neem om ’n rotsblok wat van ’n asteroïed af opgetel moet word  daar in ’n wentelbaan te plaas. ’n Paar jaar daarna is dit voorwaarts Mars!

[caption id="attachment_128384" align="aligncenter" width="600"]'n Illustrasie van die Orion-ruimtetuig Die Orion-ruimtetuig. Illustrasie:Anton Vermeulen, Huisgenoot Infografika[/caption]

Die SLS is die kragtigste vuurpyl sedert die Apollo wat ruimtevaarders maan toe gestuur het.

[caption id="attachment_128385" align="aligncenter" width="408"]Illustrasie van die Apollo en SLS in vergelyking met Big Ben en die Statue of Liberty Links is die Apollo-vuurpyl wat ruimtevaarders maan toe gestuur het, en regs is die SLS. Illustrasie: Anton Vermeulen, Huisgenoot Infografika[/caption]

Die eerste SLS-toetsvlug sal waarskynlik in 2018 plaasvind. Intussen kan jy gerus na dié animasie van n SLS-opstyging kyk: 

Van die ruimte gepraat . . . 

  •  Huisgenoot se publikasie Reis na die Ruimte kos R45 en is in winkels te kry. As jy dit by die Gateway to Space-tentoonstelling (sien onder) koop, is dit boonop net R40! Dis vol interessante ruimtefeite en -stories soos hoe die lewe op Mars sal wees, watter vuurpyle en ruimtetuie die imposantste is, ruimtevaarders (ook vierpotiges) en, les bes, hoe ’n mens te werk moet gaan om ’n ruimtevaarder te word.

Voorblad Huisgenoot Reis na die Ruitme

En dan is daar natuurlik Huisgenoot, YOU en Drum se imposante ruimte-tentoonstelling Gateway to Space in Sandton. Koop jou kaartjies sommer nou deur op die foto hieronder te klik!

Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste