KYK DIT DIE NAWEEK Vrydag 29 November 

Billy Elliot

SABC3 20:30

Jy het hom dalk onlangs as grootmens ’n gladiatorslaaf in die rolprent The Eagle sien vertolk, maar hierdie roerende rolprent oor ’n mynwerker se seun wat ballet bo boks verkies, was Jamie Bell se deurbraakrol.

Bangkok Dangerous e.tv 22:55 Ons weet ’n paar goed van Nicolas Cage – hy het lelike hare, waansinnige oë en amper al die karakters wat hy speel, klink dieselfde. Maar dit is nou maar eenmaal so dat sy flieks prettige kykstof is. In hierdie een speel hy ’n sluipmoordenaar wat in Hong Kong ’n opdrag moet uitvoer en op die ou end verlief raak. Saterdag 30 November

SA vs Pakistan-eendagkrieket

SABC3 09:30

Dis nou of nooit: Ons manne stap vir die heel laaste keer in hierdie eendagreeks teen Pakistan op die veld. Hopelik maak hulle skoonskip!

Jukebox kykNET 20:30 As jy vanjaar se Huisgenoot-Skouspel misgeloop het, moet jy beslis inskakel vir dié spesiale episode van Jukebox! Sondag 1 Desember

Top Gear USA

SABC3 5 pm

Staan opsy, Jeremy Clarkson en kie –  die beroepsjaer en Top Gear USA-aanbieder Tanner Foust kry koers na Brittanje om ’n Morgan-sportmotor uit te toets. Wat maak dit so spesiaal? Ag, seker net die feit dat dit veel vinniger as 250 km/h kan haal en van hout gemaak is!

MySchool Dream School SA

M-Net & Mzansi Magic 17:00

Die onderwysers sit hul voet neer oor rokery by die skool. Vincent ontwrig steeds die klas en sy ouers word ingeroep oor sy swak gedrag. Nuraan glo haar rampokker-etiket by haar skool sal al haar probleme terugbring wanneer sy teruggaan huistoe.

Alex Cross

M-Net 20:05

Onthou jy Matthew Fox van Party of Five en Lost? Hy is amper onherkenbaar in hierdie fliek. En geen wonder nie – hy het 20 kg liggaamsvet verloor om die psigopatiese reeksmoordenaar Picasso te vertolk. Al het hy die strawwe oefenprogram gehaat, sê hy dit was bemagtigend om te besef “hoeveel beheer ons oor ons liggaam het”. Tyler Perry speel ’n hoofrol as die voormalige FBI-agent, Alex Cross.