Die meeste van ons word effens paniekbevange as die somer begin nader kruip en die gevolge van ’n lang, koue winter nog duidelik om die middellyf sit. Vanjaar se Huisgenoot Wendiëte moet daarom beslis nie misgeloop word nie.

FACEBOOK Afri

Drie lesers vertel hoe hulle elk meer as 40 kg verloor het met onderskeidelik die paleo-, ’n lae-GI- en ’n lae-kilojoule-dieet. As jy nog self ’n plan moet maak met die wintervetjies, kan jy die dieet kies wat jou die beste pas en met ons spesiaal uitgewerkte eetplanne in hul voetspore volg.

Vir lesers wat onlangs (of dalk nie so onlangs nie) ma geword het, deel die sangeres Sorina Erasmus en model Lee-Ann Liebenberg hul wenke en eetplanne vir hoe om die swangerskapsvet eindelik te laat wegsmelt.

En wanneer jy reeds jou droomlyf het, vertel die sangeres Andriëtte Norman jou hoe om die gewig vir ewig af te hou. Daar is ook eetwenke en heerlike resepte vir diabete en mense wat nie graan of suiwel mag eet nie. Nie eens brood of melkskommels hoef vir julle taboe te wees nie! Verslankers wat Tim Noakes se Banting-dieet volg, voel dalk asof hulle skemerkelk-partytjies moet vermy. Jy hoef nie: Ons wys jou watter peuselhappies jy mag eet en presies hoeveel daarvan.

'Dieet hoef nie ’n straf te wees nie.'

Jy kan uitsien na smulkos soos sjokoladegebak en biscotti sonder die skuld, oondgeroosterde hoender en gerookteforel-tortillas.

“Dieet hoef nie ’n straf te wees nie. Met 12 eetplanne en 47 heerlike resepte sal jy die ekstra kilo’s met lekkerkry afskud,” sê Alet van Zyl, Huisgenoot Wendiëte se redakteur.

Daar’s ook ’n heerlike ekstra: USN se Summer Makeover-gids (28 bladsye) wat jou sal help om jou lyf reg te ruk.

  • Huisgenoot Wendiëte is nou by groot supermarkte teen R42 te koop.
  • Jy kan dit ook in ons aanlyn-winkel bestel - KLIK HIER.