Is jy te besig om die winkels in te vaar vir die rok wat jy Saterdag moet hê? Laat ons modedirekteur, Chu, jou persoonlike stilis wees by ons nuwe Huisgenoot-winkel by spree.co.za. Hy het die mooiste klere en bykomstighede van plaaslike en internasionale ontwerpers vir jou uitgekies. Koop nou vinnig en veilig daar van jou sitkamerbank of lessenaar af.

Dis maklik! Ons wys jou hoe:

1. Gaan na huisgenoot.com en kies die skakel na ons nuwe aanlyn-modewinkel. Dit lei na spree.co.za/huisgenoot.

2. Blaai deur die kategorieë, soos skoene, klere en bykomstighede. Moenie die Splinternuut-deel miskyk nie.

3. Koop. Wanneer jy iets kry wat jy wil hê, klik op Sit in Mandjie. Jy kan verskeie items inlaai en nog van plan verander voor jy die blad verlaat. Wanneer jy reg is om te betaal, klik op die mandjie regs bo, kyk of jy tevrede is met alles en klik dan op Gaan na Betaalpunt.

4. Registreer vir ’n spree.co.za-rekening as jy nog nie een het nie. Jou items sal nog in die mandjie wees nadat jy geregistreer het. As jy dan ingeteken is, kan jy weer jou trollie deurkyk en jou betalingsbesonderhede invul.

5. Laat dit aflewer. Jou pakkie sal binne tussen twee en ses dae by jou afgelewer word na gelang van waar jy woon – van deur tot deur of van deur tot toonbank. Jy kan jou pakkie se vordering nagaan deur by jou spree-rekening in te teken. Jy kan jou aankope boonop gratis terugstuur binne 30 dae ná jou transaksie. By spree.co.za kry jy al die bepalings en voorwaardes.

6. Wees gerus. As jy enige vrae het, bel 0861-999-501 of stuur ’n e-pos na support@spree.co.za.