Sy was ’n vurige deelnemer en op die man af, maar nooit kon Theresa de Vries (55), van Brandvlei, dink sy sou kykers so omkrap nie. “Ek het geweet ek is mededinged, maar ek het nie gedink kykers sou so sleg daarop reageer nie,” sê sy.

“Dit was baie moeilik om op sosiale media te lees wanneer mense my en Ida (Klopper, haar spanmaat) name noem of sê ons is onbevoeg.”

Daarom is haar raad aan die nuwe Kokkedore: “Berei jou voor, want jy kan nie die kritiek beheer nie. Sorg dat jy oopkop is, en staan sterk.”

Boesmanland Se Hunkerkos, die kookboek wat sy saam met Hannelie van Niekerk geskryf het, is nou beskikbaar.

Christiaan Boonzaier