Hy was aanvanklik stil en teruggetrokke, maar toe Hendry(31) eers voor die kospotte inskuif, het dié boorling van Prins Albert sy pad tot in die topvyf oopgekook.

“As ek maar net self die lewer gaargemaak het . . .” skerts hy oor die uitdaging wat hom en sy spanmaat, Mathilda Venter, eindelik die trekpas laat kry het.

Hendry, wat voor Kokkedoor ’n klein bakkery op sy tuisdorp bestuur het, vertel sy loopbaan het ná die reeks vlam gevlat. Nie net is hy nou die bestuurder van ’n restaurant

op die dorp en doen hy deeltyds spyseniering nie; sy TV-verskyning het hom ook emosioneel laat groei.

“Kokkedoor het my sterk gemaak. Ek kan nou voor mense praat. Ek het selfvertroue gekry,” sê hy.

Sy raad aan die nuwelinge is: Bly gefokus en maak die kos soos wat jy daarvan hou. “As dit 100 persent ‘jy’ is, is jou kop deur.”

Christiaan Boonzaier