Sit aan vir die 1ste Kokkedoor Verskyn&Verdwyn-ete in die land.

Kokkedoor-beoordelaar Nic van Wyk, die wenners van Kokkedoor 2013 en die geliefde Tannie Poppie gaan daar wees. Hulle gaan onthoukos kook wat Vryfeesgangers nooit sal vergeet nie.

Tussen die kap, klits en klop vir die vyf-gang spyskaart deel die kokke boonop hul kostruuks, wenke en kinkelidees met julle!

Terloops - Verskyn&Verdwyn-ete is die Afrikaans vir ‘Popup-restaurant’ – soos uitgedink deur een van die wenners – ons kan ongelukkig nie nou sê wie die slimkop was nie, maar sal julle inlig by die ete!

Op die Swartbord

  • Plaasbrood met onthoukos-tamatiekonfyt en gerookte botter
  • Ouma se knolsop met wit truffelolieskuim
  • Stampkoring-risotto met skaapribbetjie en pampoenpiekel
  • Wildsvleispastei, wilde sampioene en swartpeper-brandewynsous
  • Koeksisters met melktertvla
  • Wyn word voorsien, maar kontantkroeg ook beskikbaar

Besonderhede

  • Plek: Pimento Restaurant op Kovsie-kampus
  • Datums & tye: Vry 12 Julie, 19:00 / Sat 13 Julie 12:00 en 19:00 / Son 14 Julie 12:00
  • Prys: R300 per persoon (ete, wyn en Kokkedoor-aandenking ingesluit)

Bespreek so

  • Slegs 60 gaste per ete, so spring voor dit soos soetkoekies verdwyn!
  • Stuur jou naam, kontaknommer, hoeveel mense en die ete wat jy voor wil bespreek na info@kokkedoortv.co.za – waarna jy gekontak sal word vir betalings-besonderhede en bevestiging van besprekingsdetail.

Die wenners van Kokkedoor sal in episode 13, wat op Donderdag 4 Julie om 20:00 op kykNET uitgesaai word, aangewys word.