THERESA DE VRIES (ONTHOUKOK)

Huidige beroep: Huisvrou en besit eie Nougat-besigheid.

Geboortedatum: 30 Januarie 1959

Is jy getroud: Ja

Waar woon jy: Brandvlei,  Noord-Kaap

Waar het jy leer kook: By my ma, skoonma en die BBC Food-kanaal

Wat is jou gunsteling-geur in die kombuis: Uie wat braai

Wat is jou gunsteling dis om voor te berei: Enige lekker bredie

Het jy ‘n spesiale wenk in die kombuis: Leer jou man ook kook

Ek kan nie kook sonder… aartappels nie

In Brandvlei gebeur nie veel nie, sê Theresa. ``Dus eet jy tot jy vaak is en slaap jy tot jy honger is.” Sy glo ‘n mens is nooit te oud is om te leer nie en omdat die nuutste kosneigings (trends) nogal lank vat om in Brandvlei te kom draai, hoop sy dat Kokkedoor haar grense bietjie gaan verskuif en toets. Theresa en haar man bly al vir 29 jaar op hul plaas in die Boesmanland en gee gereeld demonstrasies by VLV byeenkomste. Sy het ‘n baie suksesvolle Nougat-besigheid wat sy ook van die plaas bestuur.