POPPIE COETZER (ONTHOUKOK)

Huidige beroep: Huisvrou en Entrepeneur

Geboortedatum: 06 Januarie 1947

Is jy getroud: Ja, 48 jaar

Waar woon jy: Kriel

Waar het jy leer kook: By my ouma

Het jy ‘n spesiale wenk in die kombuis: Braai altyd speserye eerste

Ek kan nie kook sonder… my ouma se meelsif.

Oudste, maar beslis nie die koudste nie. Poppie ken van grootmaat kook en kan lag-lag ‘n tafel van 25 honger gaste voer. Sy doen gereeld spyseniering vir verskeie funksies het 9 jaar lank ‘n kinderhuis bestuur. Haar hande staan vir niks verkeerd nie en sy is selfs al vereer vir Service above self deur die Witbank Rotariërs.  Sy speel ook graag jukskei en sien kans vir die jonges van Kokkedoor. Poppie het selfs haar baaikostuum ingepak vir ‘n vinnige swem in een van Prins Albert se plaasdamme.

kykNET se splinternuwe kookreeks, Kokkedoor, Sal op 11 April om 20:00 afskop.