•  Die groep woon deesdae in Kalifornië en bestaan uit Drew Chadwick (21), Wesley Stromberg (20) en sy 17-jarige broer, Keaton Stromberg.
  • Kan jy glo hulle is nog almal enkellopend? “Dis sleg!” sê Drew. Maar daar is darem goeie nuus: Die ouens sê hulle sal beslis met ’n aanhanger uitgaan.
  • Waarsonder kan hulle nie op toer klaarkom nie? Wesley het altyd sy dagboek by hom, Keaton kan nie leef sonder die skootrekenaar waarop hy hul ritmes skep nie en Drew moet boeke en ’n kitaar byderhand hê. En, natuurlik, skaatsplanke.
  • Hulle het verlede jaar saam met Selena Gomez (21) getoer en die kans gekry om in haar toerbus saam met haar partytjie te hou. “Sy is regtig plat op die aarde en baie koel,” sê Keaton.
  • Toe hulle die groep in gr. 6 in Washington stig, was die naam eers American Scholars. “Ons het altyd in (Wesley) se kelder gekuier, granola-stafies geëet en punk-liedjies geskryf wat baie donker en emo en wonderlik was,” sê Drew. “Ons het net in die Seattle-gebied gespeel en was piepklein outjies met lang hare.”
  • Hulle is groot aanhangers van die Britse seunsgroep One Direction.
  • Keaton het op ’n kol die groep verlaat. “Ek het vir hulle gesê hulle is pateties en ná twee liedjies uitgestap,” sê hy. Ons is baie bly hy het weer by die groep aangesluit!
  • Die ouens is almal verslaaf aan die blogwebtuiste Tumblr. Dit help hulle die tyd verwyl wanneer hulle op die pad is.

BRONNE: INTOUCHWEEKLY.COM, NEWS.RADIO.COM, DIGITALSPY.CO.UK