• Sy is in 2007 op die Kanadese weergawe van  Idol ontdek en het derde plek gehaal.
  • Sy het vanjaar ’n YouTube-sensasie geword nadat Justin Bieber, Selena Gomez en Ashley Tisdale hulself opgeneem het waar hulle dans en sing op haar liedjie Call Me Maybe. Kort daarna het almal van Katy Perry tot die Harvard-universiteit se bofbalspan saamgesing. “Dit maak my dag as ek so iets sien,” sê Carly.
  • Sy het ’n platekontrak by Justin Bieber se platemaatskappy gekry en sê aspirerende sangers moet alles uithaal om hul deurbraak te maak. “Die een ding wat ek uit ervaring geleer het, is jy weet nie wanneer daardie deurbraak kom nie, en daarom moet jy nie wegskram van alles probeer nie. Wees oorspronklik. Dit klink dalk laf, maar ek het letterlik aan elke moontlik deur geklop.”
  • Sy hou van ontspan by die huis. “Ek is ’n ware huishen. Ek het nie ’n TV nie. Ek hou van skaak speel en bak.”

BRONNE: MTV, THESTARSCOOP.COM, METROLYRICS.COM, JUSTINBIEBERZONE.COM