Waar woon jy?

Stellenbosch.

Som jouself in drie woorde op.

Ongeduldig, passievol, reguit.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Ons het as kinders op die plaas tarentale en voëls gejag en sommer so op die vuur gebraai. As ek daaraan nou terugdink, was dit seker nie die lekkerste kos nie, maar dit was ’n avontuur wat my nou nog bybly.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Hou dit eenvoudig en kook met passie en liefde.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Ek is ’n sucker vir lekker vinnige pastadisse: Hoender en tagliatelle met geskroeide botter, knoffel, salie en parmesaankaas en ’n lekker roketslaai.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Ek het ongelukkig net twee episodes van die vorige seisoen gekyk.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Jean de Villiers, dan kan ons lekker oor rugby gesels.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Ek dink nie mens kan net een dis uitsonder nie. Enigiets wat my ma gemaak het: opregte, innige, voedsame boerekos.