Waar woon jy?

Jansenville.

Som jouself in drie woorde op.

Oorspronklike, avontuurlistige plaasjapie.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Ek dink ek was in gr. 3. Ek het blou toffieappels gemaak en dit probeer smous vir ekstra sakgeld, maar my sakeplan is in die wiele gery toe my ma se panne deur verbrande suiker verwoes is.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Hou dit eenvoudig.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Gekrummelde koedoelende met ’n soetsuursous, roket-carpaccio-slaai met geroosterde pampoensade en ’n roosmarynsousie en fyngedrukte, geroosterde knoffelaartappels.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tiaan. Dit het altyd gelyk of hy ’n lus vir die lewe en ’n passie vir kos gehad het – veral in die manier hoe hy oor kos praat.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

David Livingstone. Ek sal vir hom ’n lekker bord kos maak terwyl ons sit en gesels oor al sy reisstories en hoe dit gevoel het toe hy die eerste keer die Victoria-waterval aanskou het.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Potjiekos! Almal het hul eie geheime resep en metode vir die perfekte pot.