Waar woon jy?

Bloemfontein.

Som jouself in drie woorde op.

Passievol, gedrewe, gaaf.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Ek was nege toe ek Kook en Geniet se gestolde aartappelslaai gemaak het.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Sit klein porsies voor, maar maak seker dis net die beste.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Sannie Smit se lamslende met patat en Pieter Veldsman se vye-en-gebakte-brie.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tannie Poppie. Sy het dieselfde passie oor en toewyding aan kos maak as ek.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Elzabé Zietsman. Sy ken haar kos en die musiekgeselsie sal heerlik wees.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Bobotie en koeksisters, want ons het almal daarmee grootgeword.