Kia se gewilde Picanto is ’n klein bietjie opgekikker. Maar,

Die Picanto het ’n herontwerpte voorste buffer en daar is ’n groter sierrooster terwyl dit ’n rooi raam om kry vir die top-EX-model. Agterlangs het Kia geen veranderings aangebring nie, terwyl die kajuit ook onveranderd is.

Soos tevore, is daar twee modelkeuses – die LX met ’n 1,0 L-driesilinder-petrolenjin wat 51 kW/94 Nm opwek en die kragtiger 1,2 EX-weergawe wat 65 kW/120 Nm ontwikkel. Albei modelle is beskikbaar met ’n vyfganghandratkas of vier gang outomatiese ratkas.

Alle modelle spog met lugverkoeling, ’n sentrale sluitstelsel, elektriese vensters voor en ’n klankstelsel met AUX- en USB-punte. Die EX-model het ook 14-duim-allooiwiele, kontroles vir die klankstelsel aan die stuurwiel, Bluetooth en ABS-remme.

Pryse

1,0 LX - R139 995

1,0 LX AT - R142 995

1,2 EX - R140 995

1,2 EX AT - R152 995