Nadat ’n Ekurhuleni-metropolisielid hom op die M3 van die pad getrek het, het die bestuurder gesê hy is laat vir kerk.

“ ’n 30-jarige man en ’n vrou in ’n wit Porsche Cayenne was na bewering laat vir kerk en is om 09:05 gevang waar hulle (teen ’n spoed van) 216?km/h gery het,” sê insp. Kobeli Mokheseng, metropolisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Die motorbestuurder sal binnekort in die hof op ’n aanklag van roekelose of nalatige bestuur verskyn.

Die metropolisie het ook ’n 34-jarige man gevang wat Sondag teen ’n spoed van 199?km/h op die Albertina Sisulu-deurpad gejaag het.

Hy was glo op pad na die O.R. Tambo-lughawe.

Bron: News24