Van haar aansteeklike liedjies en oulike klere tot haar spontane persoonlikheid – sy is beslis soos die bure se dogter wat groot naam gemaak het!

  • Katy het in 2011 die rekordboeke herskryf toe sy die eerste vroulike kunstenaar geword het met vyf No. 1-treffers op een album, Teenage Dream.
  • Die inspirasie agter haar eerste treffer, I Kissed a Girl, was glo omdat sy gedink het die aktrise Scarlett Johansson is oulik.
  • Sy is glo obsessief oor tande borsel en huis skoonmaak. Ons is doodernstig!
  • Haar ouer suster, Angela Hudson, sê Katy se slegste gewoonte is om windjies te los! “Sy hou daarvan om dit sommer baie te doen. Oral. En voor almal. En jy kan dit maar publiseer!” Siesa!
  • Die sangeres het ’n kat, Kitty Purry, wat haar eie blog het! Die kat is in 2009 benoem as die gunsteling troeteldier van ’n beroemde by die Teen Choice-toekennings.
  • Sy het altyd haar groot borste verpes. “Ek het in graad 9 die bynaam Over-the-Shoulder-Boulder-Holder gehad. Ek het my borste met oorgroot klere probeer wegsteek.”
  • Sy gee haar uitrustings en juwele wat sy op toer dra vir haar toerspan. Ons is groen van jaloesie!

BRONNE: US WEEKLY, TEN-FACTS.COM, BETTYCONFIDENTIAL.COM