'n Vierjarige dogtertjie van New York in Amerika het onlangs 'n baie spesiale troudag gehad.

Abby Sayles het leukemia en het gedurende haar behandeling 'n hegte band met een van die verpleërs gevorm. Sy is blykbaar versot op Matt Hickling en het onlangs aan haar ma gesê sy beplan om te trou - en Matt is die gelukkige bruidegom.

Gelukkig was Matt bereid om die jong meisietjie se droom te help vervul en hy en Abby se ma, Renee, het spoedig 'n 'troue' gereël.

Abby was uitgevat in 'n wit rokkie en Matt het 'n T-hemp met 'n pakmotief op gedra. Sy het ook 'n ruiker gedra en die hele kostelike geleentheid is op kamera vasgevang.

Kyk die skattige video hier:

Bronne: Buzzfeed, YouTube, Facebook, Timesunion.com