Hier's JD se watertand-disse wat hy aan Emke Swarts voorgesit het in die derde aflewering van "Kêrels wat Kook".

VOORGEREG: “Tiger Prawns” met Rys

± 12 groot garnale, skoongemaak, maar sterte aangelos

Soteer die gekneusde, fyngemaakte knoffel in botter en voeg die wyn by.

Roerbraai die garnale in die bottermengsel tot dit pienk raak.

Bedien op rys.

HOOFGEREG:  Pasta met soetrissie- en sampioenroomsous op biefstuk

250 g ribfilet ( sirloin steak) in skywe gesny en vinnig mediumgaar gebraai

Laat rus en hou warm

Kook en dreineer pasta en hou warm

Berei sous:

1 houer sampioene – in skywe gesny

Rooi en groen gekapte soetrissie

Ui  - gekap

250 room

1 blikkie tamatiepasta

Braai sampioene in botter en voeg ui en soetrissie by

Soteer tot ui en soetrissie sag is

Voeg tamatiepasta by, verhit deur en roer room in

Skep pasta oor die biefstuk en bedek met sous en Mozzarellakaas

PATAT-ROL

1 rol blaardeeg,  oopgerol en effens dunner uitgerol

1 kg patat

250 ml bruin suiker

250 ml melk

250 ml room

10 ml karamelgeursel

Voorverhit die oond tot 180°C

Kook patat tot sag en dreineer

Maak patat fyn met aartappeldrukker tot glad

Smeer die patat oor die deeg, rol op en sny die rol in skywe en pak in ‘n oondbak

Maak ‘n sous van die orige bestanddele en gooi oor die patatskywe

Bak vir 40 minute

NAGEREG:  Piesang- en Lindt-sjokolade gevulde samoesas

1 pak Fillodeeg

Voorverhit die oond tot 200°C

Ontdooi die onoopgemaakte fillodeeg oornag in die yskas

Rol oop en hou bedek met ‘n klam lap

Sny elke vel fillodeeg in die lengte in drie of vier repe

Verf elke reep liggies met gesmelte botter

Plaas skyfie piesang en stukkie sjokolade in die middel op die bo-punt van ‘n reep.

Vou die een hoek van die bo-punt oor die vulsel tot teen die oorkantse rant.

Hou aan om so te vou en hou deurgaans die driehiekvorm.

Smeer die onderstepunt weer met botter en druk teen die driehoekie vas.

Pak op ‘n botter-gesmeerde bakplaat met die soom-ent na onder.

Herhaal met res van deeg.

Bak 15 tot 20 minute tot goudbruin en bedien met roomys

KLIK HIER vir al die respte van Groep 1, soos verskaf deur kykNET.

Kêrels wat kook word Donderdagaande om 20h00 op kykNET uitgesaai.

Volg Huisgenoot op Twitter.