Op TV vanaand:

19:00 Modern Family (M-Net): Phil en Mitch stry oor wie die een moet wees wat meer gereeld nee sê.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Die dokters berei voor op Bailey se troue en sy is baie angstig. Callie wil Derek oorreed om in te stem tot ’n gewaagde operasie.

20:00 My Family (SABC 3): Ben is weg vir ’n gemeenskapsprojek en ’n eks-kêrel van Susan kom kuier by haar.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Vanaand toets ’n nabootsing van die Eerste Wêreldoorlog, insluitende aanvalle uit die lug en geweerskote, die deelnemers se senuwees. ’n Span se windmakerige houding kom hulle duur te staan.

21:30 One Day (M-Net): Ná een dag saam – 15 Julie 1988 – waarop Emma Morley en Dexter Mayhew graad vang, begin ’n vriendskap wat ’n leeftyd duur. Met Anne Hathaway en Jim Sturgess.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.