Is jy saans op jou gelukkigste voor die kassie? Bly dan gerus ingeskakel vir ons nuttige TV-hoogtepunte. Hier’s ons keuse vir vanaand se beste programme:

17:30 Roer! (kykNET): Hykie Berg sal voorwaar onder amper enige omstandighede kan oorleef, selfs in die kombuis. Kom kyk hoe dié gewilde ster smaakvolle disse in ’n kits berei.

18:30 7de Laan (SABC 2): Gaan San-Mari vir Diederik vertel van haar gevoelens vir Pierre? Die dokter sê Tshepo is gesond en dit beteken dis tyd vir hom om huis toe te gaan.

19:30 Revenge (Seisoen 2, M-Net): Wat gaan Emily se volgende stap wees ná alles wat verlede somer in die Hamptons gebeur het? Skakel in vir wonderlike naelbyt-drama.

21:30 Two and a Half Men (SABC 3): Toe Alan en Jake ’n entjie gaan ry, kom loer die spoke van Charlie se eksmeisies by hom in.

22:00 The Mentalist (SABC 3): Patric word in die tronk gestop omdat hy op Sam Bosco gespioeneer het om meer inligting oor Red John te kry.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.