Hier’s ons keuse vir vanaand se beste programme:

17:30 Roer! (kykNET)

Vanessa Haywood het gesorg vir baie drama in Survivor, maar sake verloop heelwat gladder in die kombuis.

18:00 MasterChef Australia (M-Net)

18:30 Binneland (kykNET)

’n Ring maak die lewe moeilik vir twee vroue. Naomi moet besluit oor Okkie. Quinton is bekommerd oor Daleen se gevoelens vir Tertius, terwyl Ilse weer toekomsplanne moet beraam.

19:00 The Wild (M-Net)

Itumeleng praat die waarheid oor Nathi. Marang is nie gelukkig met Itumeleng se besluit nie.

19:30 Liefste Kayla (kykNET)

Almal by die skool is bly dat Kayla die talentkompetisie gewen het. Nadia is jaloers op Kayla en Chelsea se nuwe vriendskap, maar sy begin vinnig agterkom dis baie minder onskuldig as wat Chelsea voorgee.

20:00 Oh Schuks I’m Gatvol (kykNET)

In dié komedie kyk Leon Schuster en Alfred Ntombela humoristies na Suid-Afrikaners se psige. Jy gaan beslis lekker lag.

21:00 The Client List (SABC 3)

Dis die eerste aflewering van ’n splinternuwe reeks. Riley is ’n enkelma op ’n dorpie in Texas wat ’n dubbele lewe lei. En hoe!

22:30 Californication VI

Die eerste aflewering van die nuwe seisoen. Hank droom van sy eks, Carrie. Charlie, Karen en Marcy wil teen Hank optree.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.