Is jy op jou gelukkigste op jou gunstelingsitplek voor die TV? Bly gerus ingeskakel vir ons nuttige TV-hoogtepunte. Hier’s ons keuse vir vanaand se beste programme:

18:00 Last Man Standing (M-Net): Mike sukkel om vir Mandy nee te sê toe sy vra hy moet deelneem aan ’n skoonheidswedstryd wat op TV uitgesaai gaan word.

18:30 Hot in Cleveland (M-Net): Joy gee haar sterwende kêrel die jawoord.

19:00 Animal Practice (M-Net): George se ma nooi hom na ’n ete vir Thanksgiving. Hy nooi Dough en sy pa saam.

19:30 Reis na Gister (kykNET): Gordel vas! Jak gaan kuier by die Dakar-held Giniel de Villiers in die Paarl, sy tuisdorp.

20:00 My Best Friend’s Wedding ( Sony Channel, DStv-kanaal 127): Julia Roberts is Julianne Potter, die vrou in ’n liefdesdriehoek. Sy is verlief op haar beste vriend, maar hy staan op trou. Vier dae voor die troue wil sy hom probeer wegraap.

22:00 Medium (SABC2): Ná ’n aardbewing kry Allison ’n voorgevoel nog iets gaan Phoenix tref. Sy weet nie op watter dag nie, maar wel dat dit om 09:18 gaan gebeur.

22:30 The Thing (M-Net): Op ’n navorsingstasie in Antarktika kom wetenskaplikes op ’n ruimtetuig af en moet om oorlewing baklei teen ’n monster wat van vorm kan verander.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.