Vanaand op die kassie:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef en Astrid begin ’n nuwe hoofstuk in hul verhouding. Hermien doen alles in haar vermoë om tot Astrid en haar familie deur te dring.

19:00 Mike and Molly (M-Net): Reeks begin. Hul wittebrood inspireer Mike sodat hy nou die wêreld wil plat reis. Molly wonder hoe hul vriende en familie sonder hulle sal regkom.

20:30 You Must Be Joking (e.tv.): Leon Schuster stel kamera-lokvalle om mense uit te vang en die gek mee te skeer.

22:30 My Week with Marilyn (M-Net): ’n Verwerking van die rolprentvervaardiger Colin Clark se boek oor hoe hy as ’n assistant-regisseur gewerk het op die stel van The Prince and the Showgirl, Laurence Olivier se eerste rolprent met mej. Monroe.