Vrydag

The Take

e.tv 20:30

Die bestuurder van ’n geldwa is nog besig om ná ’n skietaanval te herstel. Die besering is egter nie ernstig genoeg om hom van wraak op sy aanvallers te weerhou nie. En hy weet wie hulle is.

Hard Drive

M-Net 21:30

’n Voormalige renjaer het ’n paar swak keuses gemaak en nou word hy gedwing om aan ’n rooftog deel te neem. Wat hy nie weet nie, is dat die kêrel vir wie hy werk, ’n rampokker is.

Hunt for Eagle One: Crash Point

e.tv 22:35

’n Groep terroriste het ’n teenkapingstoestel gesteel en hulle gaan dit gebruik in hul aanval op ’n Amerikaanse militêre basis. Sal hulle daarin slaag om hul plan deur te voer of sal die seesoldate wat op hul hakke is, die terroriste betyds kan keer?

Saterdag

Les Misérables

SABC3 19:30

Hugh Jackman, die ster van X-Men, verruil sy Wolverine-kloue vir 19de-eeuse Franse kostuums terwyl hy die rol van ’n beroepskelm vertolk. ’n Arm vrou los haar kind by hom en pleit dat hy die kind beskerm omdat sy dit nie kan doen nie.

Olympus Has Fallen

Mzansi Magic 20:30

Die Withuis is deur Koreaanse terroriste oorgeneem en die president word gevange gehou. ’n Geheime agent wat hy in die pad gesteek het, is egter steeds lojaal teenoor sy opperbevelvoerder en hy neem die taak op sy skouers om die situasie, president en land te red.

The Sitter

e.tv 21:30

’n Lui student word versoek om sy mooi buurvrou se kinders op te pas. Maar dan bel sy eks hom en vra hom ’n guns wat heeltemal buite beheer raak en die student en die kinders wat hy oppas op ’n mal rit deur die dorp neem.

Sondag

Quantum of Solace

e.tv 20:00

James Bond kom te staan teen ’n walglike klein pluimstryker. Die skurk se plan? Hy is op pad om ’n wêreldwye terreurorganisasie tot stand te bring en hulle dreig ’n land af deur sy kosbaarste hulpbron te steel: water!

Night at the Museum: Secret of the Tomb

M-Net 20:05

Larry, ’n gewese veiligheidswag, word na die museum teruggestuur om sy uitstalvriende, wat elke aand lewend word, te help. Iemand is daarop uit om die toorkuns wat hulle elke aand laat ontwaak, te steel. Die enigste manier om die situasie te red, is om by ’n museum in Londen uit te kom.

No Good Deed

M-Net 22:15

’n Vrou word gedwing om die wapen op te neem om haar twee kinders te beskerm. Die gevaar waarvoor hulle te staan kom? ’n Gevangene het uit die tronk ontsnap en hy terroriseer die gesin in hul huis.