Vrydag

The SpongeBob SquarePants Movie

e.tv 14:30

Hy is geel. Hy woon onder die see. En in hierdie silwerdoek-avontuur verlaat SpongeBob en sy vriende BikiniBottom om te gaan soek na koning Neptunus se gesteelde kroon, in die hoop om die kalmte, vrede en malligheid van hul woonplek te herstel.

Rocky 2

e.tv 20:30

Rocky Balboa het sleg verloor in sy eerste boksgeveg teen die kampioen Apollo Creed. Hoekom klim hy dan terug in die kryt saam met die kampioen? Natuurlik om Apollo se titels te verower.

Aliens

e.tv 22:55

Ripley en haar span ruimtesoldate onderneem nog ’n avontuur. En ja, hulle is op pad na ’n planeet wat vervuil is van ruimtewesens en wat die tuiste is van ’n wrede en gewelddadige koningin-ruimtewese wat daarop uit is om hulle dood te maak.

Saterdag

Zookeeper

e.tv 19:30

’n Man verloor sy vrou op tragiese wyse en word agtergelaat om vir sy klein kindertjies te sorg. Hoe beplan hy om hulle moed te gee en te help om hul verlies te verwerk? Hy koop ’n dieretuin wat swaarkry en hulle trek in as die nuwe eienaars, opsigters en toergidse!

Zero Dark Thirty

SABC3 21:00

Osama Bin Laden was byna ’n dekade ná die 911-terreuraanvalle op New York steeds aan’t vlug vir die wêreld. Hoe het die VSA hom dus opgespoor waar hy in Pakistan geskuil het? Kry ’n kykie na dit wat agter die skerms gebeur het en hoe alles verloop het in hierdie donker prent gegrond op ware gebeure.

Mr. Deeds

e.tv 21:35

Die eienaar van ’n pizzawinkel op ’n klein dorpie slaan ’n groot slag toe hy benoem word as die erfgenaam van ’n fortuin in die groot stad. Maar alles is nie soos wat dit voorkom nie, want daar wag slegte ouens wat hoop om Mr. Deeds om elke hoek en draai uit te buit.

Sondag

A Good Day To Die Hard

e.tv 20:00

John McClane gaan Rusland toe. En dis nie vir ’n vakansie nie. Hy wil sy seun opspoor wat eintlik daar is vir sake. Die jonger McClane is ’n FBI-agent en hy probeer ’n kernwapentransaksie stopsit . . . met sy pa se hulp.

The Gunman

M-Net 20:05

’n Skerpskutter bevind hom hierdie keer self in die visier. En dit is iemand wat hy ken – hy was jare gelede in die Kongo met ’n opdrag om ’n politikus te vermoor en sake het nie heeltemal volgens plan verloop nie . . .

One Flew over the Cuckoo’s Nest

e.tv 22:05

’n Kleinskaalse misdadiger het die hof oortuig dat hy verstandelik nie wel is nie; dus word hy na ’n psigiatriese inrigting gestuur. Die probleem is dat hy nie so slim is as wat hy dink nie; hy staan op die punt om sy Moses teë te kom met die streng inwonende verpleegster wat nie sy twak gaan opvreet nie.