Vrydag

Exodus: Gods & Kings

M-Net 09:15

Ons almal ken die Bybelstorie waarin Moses die Israeliete bevry het van Egiptiese oorheersing, maar nou kry ons dit te sien in hierdie epiese fliek. En wie beter om die hoofrol te vertolk as Batman self, Christian Bale?

Dark Tide

Mzansi Magic 22:00

Skuif opsy, Jaws . . . daar is ’n nuwe haai in die water. En hierdie keer is hy agter Halle Berry se bloed aan terwyl sy die rol van ’n haaiduik-toeroperateur vertolk wat deur ’n klomp geld terug water toe gelok word. O, en dit is in Kaapstad verfilm; dus kry ons ons eie haaie te sien.

City of Violence

M-Net 22:30

Twee polisiemanne ondersoek die moord op ’n vrou en hoe sy verbind word met ’n nuwe dwelmmiddel wat beskikbaar is, asook die verdwyning van straatkinders. Het ons genoem dat dit in Kaapstad verfilm is? En dat Forest Whitaker en Orlando Bloom daarin speel?

Saterdag

Back to the Future

SABC2 16:00

Die verwaande tiener Marty McFly kry die kans van sy lewe. Sy vriend Doc het ’n tydmasjien gebou en stuur Marty terug na die 1950’s waar hy dit op die een of ander manier regkry om sy toekomstige ma en pa se verhouding te beduiwel voor hulle kan trou. O gaats . . .

The Lion King

SABC3 19:30

Kan jy glo dat hierdie fliek is al 21 jaar oud? Kyk hoe die bose Uncle Scar sy kleinneef Simba oortuig dat dit sy skuld is dat sy pa dood is. Wat Scar nie besef nie, is dat Simba maats het wat hom die grootste leeukoning gaan help word.

You Don’t Mess With The Zohan

e.tv 21:40

Israel se topsoldaat wil nie meer mense doodmaak nie. Hy wil liewer New York toe trek . . . en die wêreld se beste haarkapper word. Net Adam Sandler kan so iets regkry.

Sondag

D2: The Mighty Ducks

SABC3 14:30

Die dolle yshokkietieners en hul afrigter is terug vir nog ysige aksie. Hierdie keer pak hulle die buitelanders in ? wêreldjeugtoernooi in Kalifornië van alle plekke, met sy volop sonskyn, branderplankryery en heeljaar se lieflike weer.

The Hangover Part 2

e.tv 20:00

Jy sou dink dat hulle hul les geleer het in die eerste fliek, maar nee! Hierdie keer is die spannetjie in Thailand vir die ramparty en dit wil voorkom dat wat in Vegas gebeur, nie altyd daar bly nie, want hulle voer hul wilde nag tot nuwe uiterstes.

The Interview

M-Net 20:05

Die verslaggewer van ’n poniekoerant en ’n kollega word na Noord-Korea genooi om die eerste onderhoud met die land se diktator te voer. Hoekom? Want hy is versot op hul gekke program. Min weet dié stommerik die CIA het sy twee gaste gehuur om hom om die lewe te bring.