Vrydag

Slappy & The Stinkers

e.tv 14:30

Kry die kleingoed bymekaar, maak julle reg vir ’n prettige fliek en kyk hoe ’n groep skoolkinders ’n akwarium besoek. Daar maak hulle vriende met ’n nuwe maat wat hulle wil saamneem huis toe. Al probleem is, hul nuwe is maat ’n seeleeu . . .

Alexander

TCM 20:00

'n Historiese fliek wat gegrond is op Alexander die Grote se lewe. In sy daaglikse lewe sien ons hoe sy verhouding met sy ouers moeiliker raak en hy 'n belangstelling in liefde, musiek en poësie ontwikkel.

Street Kings

e.tv 20:30

Om saam in die polisie te wees is soos om broers te wees – dis ’n hegte band. En as daardie band vernietig word deur boewe wat ’n polisielid doodmaak, kan jy wed sy spanmaat sal wil wraak neem. Met Keanu Reeves en Hugh Laurie.

John Wick

M-Net 22:30

Jy soek vir moeilikheid as jy ’n uiters gevaarlike ou tart, iemand soos ’n sluipmoordenaar wat sy aftrede probeer geniet saam met die hondjie wat sy ontslape vrou hom gegee het. Maar dan maak jong Russiese skurke die hondjie dood – iets wat ons sluipmoordenaar omkrap en op ’n moordtog laat gaan om wraak te neem.

Saterdag

Maid in Manhattan

SABC2 16:00

’n Hotelwerknemer raak verlief op ’n politikus wat bly in die hotel waar sy werk. Hy raak ook op haar verlief, maar dink sy is – nes hy – ’n gas. Oulik!

The Break-up

SABC3 19:30

Om uitmekaar te gaan kan erg wees. Jy moet saamvat wat joune is, en dit los wat aan die ander een behoort. Maar wat gebeur as nie een van julle twee bereid is om uit jul woonstel te trek nie omdat dit ’n fortuin werd is? Komiese malligheid, dis wat dit is!

Smokin' Aces

TCM 20:00

Jeremy Piven speel in hierdie aksie-belaaide fliek as 'n oud-Vegas verhoogkunstenaar wat teen 'n Las Vegas bende getuig. Hy word hulle volgende teiken. Hierdie fliek sal jou verseker op jou stoel se rand laat sit!

Million Dollar Baby

e.tv 21:35

’n Ouer afrigter begin ’n nuwe bokser afrig. Dié het die nodige vaardighede in die kryt, en die hart van ’n kampioen. Nou moet sy net die titelgeveg wen en dié verkeerd bewys wat aan haar vermoëns twyfel . . .

Sondag

The Magic Door

SABC3 14:30

Die televisiewêreld is propvol betowering. ’n Kabouter, trol en seuntjie wil teruggaan huis toe, maar ’n nare heks staan in hul pad.

Casino Royale

e.tv 20:00

Die Britse spioen James Bond het pas toestemming gekry om dood te maak, maar eers moet hy in Montenegro deelneem aan ’n riskante pot poker. James moet keer dat ’n bankier wat terroriste help, wen en sodoende nog meer geweldsdade finansier. Ons hoop 007 maak skoonskip.

Pirate Radio

TCM 20:00

'n Groep rebelse platejoggies stel 'n onwettige radiostasie in die 1960's op. Ons sien hoe hulle 'Radio Rock' begin en uitsaai vanaf 'n skeep na die res van die Verenigde Koninkryk. Die Britse regering is daarop gemik om die radiostasie te sluit.

Paul Blart: Mall Cop 2

M-Net 20:05

’n Bietjie lighartige pret aan die einde van die naweek. En wat kan lighartiger wees as die snaakse Kevin James wat terugkeer as die parmantige winkelsentrumwag Paul Blart? Hy sit af Vegas toe vir ’n kongres vir sekerheidswagte, maar beland midde-in ? kunswerkrooftog en ’n ontvoeringskomplot wat net iemand met sy soort parmantigheid kan stopsit!