Vrydag

Garfield Gets Real

e.tv 14:30

Die geanimeerde legende, Garfield, is moeg daarvan om ? vet spotprentkat te wees, dus betree hy die werklikheid vir sy avonture. En dit beteken twee dinge. ? Klomp moeilikheid ... en ? klomp regte lasagne vir hierdie beroemde kater.

Arena

e.tv 20:30

Samuel L Jackson en Kellan Lutz span saam vir ? geveg tot die dood. ? Man word betrek by ? gladiatorkompetisie in die onderwêreld, bedryf deur ? bose misdadiger, en die enigste manier om lewendig uit die arena te kom, is om jou opponente dood te maak ... de laaste een van hulle.

Underworld

e.tv 22:25

Kate Beckinsale speel die rol van ? pragtige maar baie, baie gevaarlike vampier, wie se werk dit is om enige bedreiging vir haar spesie uit te wis .. soos weerwolwe. Maar wat nou gedoen as sy swig vir ? baster: half vampier, half weerwolf wat dreig om albei spesies vir altyd te vernietig en sodoende die geskiedenisboeke te herskryf?

Saterdag

The Rookie

SABC3 19:30

? Bofbal-afrigter by die hoërskool probeer om sy span goed te laat speel en die kampioenskap te wen deur hulle om te koop. Die waagstuk ter sprake? As hulle hul liga wen, sal hy na ? professionele span se uitdunne toe gaan en kyk of hy self goed genoeg is om weer professioneel deel te neem.

Grown Ups

e.tv 19:30

Adam Sandler en ? paar van sy snaaksste vriende kom bymekaar vir ? taamlik prettige fliek. Hulle vertolk die rolle van ? groepie skoolvriende wat wordby die begrafnis van ? geliefde hoërskool-sportafrigter, en dit help hulle om bande te smee en hulle saam te snoer, en ook om hul gesinne bekend te stel aan die malkop-ekhede wat hulle in hul skooldae was.

Love Potion No.9

SABC3 21:30

? Bleeksiel-wetenskaplike het geen geluk met die teenoorgestelde geslag nie. Ook net tot hy ? sigeuner ontmoet wat aan hom ? geheime drankie gee. Sy beweer dit sal hom onweerstaanbaar maak vir vroue ... maar selfs hy is nie voorbereid op die werklike krag daarvan nie!

Sondag

Aquamarine

e.tv 12:00

Twee boesemvriende staan op die punt om uiteenlopende lewensreise aan te pak. Maar voordat hulle uitmekaar gaan, ontmoet hulle ? meermin en help haar om ware liefde te vind ... natuurlik in ruil vir ? wens.

Rush Hour

e.tv 20:00

Twee polisiemanne, met uiters verskillende geaardhede, word saamgespan in L.A. Die een, ? streng-volgens-die-boek-speurder van Hong Kong. Die ander een ... ? skietlustige grootbek-polisieman uit L.A., wat meer afbyt as wat hy kan kou terwyl die twee ? Chinese bende jag wat die ambassadeur se dogter ontvoer het.

American Sniper

M-Net 20:05

Die ware storie van die VSA se dodelikste skerpskutter word nagevors. Dit sluit sy sendings in na die Midde-Ooste, sy struweling om weer by die samelewing aan te pas en die brutale manier waarop hy deur ? medesoldaat wat hy probeer help het, vermoor word.