Vrydag

Half Past Dead

e.tv 20:30

Die Harde Man, Steven Seagal, is weer in aksie en hierdie keer vertolk hy die rol van 'n eenvoudige man met 'n eenvoudige missie. Hy werk onder die dekmantel van 'n gevangene en hy gaan die skurk wat sy vrou vermoor het, vang, al is dit die laaste ding wat hy doen.

Timecop

SABC1 22:00

Die mega-aksiester van die 1990’s, Jean-Claude van Damme, skop gat as 'n mega-verkeersbeampte wat in die tyd reis om die wêreld te polisieer. Maar daar is 'n probleem: hy kom te staan teen 'n korrupte polisieman wat die tegnologie gaan inspan vir sy bose planne.

Walk Of Shame

M-Net 23:30

'n Nuusaanbieder van LA kry die droomkans wat sy al jare lank najaag. Daar is egter een probleempie … sy het, die aand voordat sy vir die onderhoud in verband met haar nuwe werk moet gaan, 'n eennagpassie en sy is die volgende oggend aan die ander kant van die stad gestrand sonder selfoon, motor, identiteitsdokument of geld!

Saterdag

ParaNorman

SABC2 16:00

In hierdie oulike-dog-makabere rolprent wat jou tot stilstand ruk, ontdek 'n jong seun dat hy met die gestorwenes kan kommunikeer. Hy gebruik dan sy nuutgevonde gawe om sy dorp van 'n stokoue, dodelike vloek te probeer red.

Back To The Future

SABC3 19:30

Die tiener, Marty McFly, toets die nuwe tydmasjien van sy vriend, Doc, die wetenskaplike en beland terug in die 1950's, maar daar is 'n probleem: hy kon dalk net sy toekomstige ouers se romanse geruïneer het … en in die proses sy eie toekoms uitgewis het!

Anchorman: The Legend Of Ron Burgundy

e.tv 21:25

'n Ploeterende, dog geliefde, nuusaanbieder kom in die 1970’s teen die grootste uitdaging van sy professionele loopbaan te staan toe 'n hardkoppige vroulike nuusaanbieder daar opdaag om sy werk oor te neem.

Sondag

Unlikely Angel

SABC1 20:00

'n Country-musiekster sterf en gaan hemel toe. Voordat sy egter deur die hemelpoort kan stap, word sy aangesê om terug te keer aarde toe om 'n sukkelende enkelpa met sy lewe help. Dolly Parton alleen, as die gestorwe musiekster, maak dit al klaar die moeite werd om na die rolprent te kyk!

I, Robot

e.tv 20:00

'n Tawwe verkeersbeampte wat nie robotte vertrou nie, ondersoek die moord op iemand ná aan hom en 'n robot is die hoofverdagte. Dit beïnvloed sy onpartydigheid, sowel as sy menslike sy … want daar is iets wat hy al jare lank wegsteek …

The November Man

M-Net 20:05

Pierce Brosnan, die eks-James Bond-ster is terug in die spioenasiespeletjie waar hy die rol van 'n afgetrede spioen speel wat teruggeroep word aangesien sy beskermling/protégé 'n ernstige bedreiging word vir die landsveiligheid