Vrydag

The Legend Of Johnny Lingo

e.tv 14:30

’n Wesie vind uit hy het ’n oupa, maar pleks van te gaan woon by dié man wat hy nie ken nie, kies hy die tweede opsie in sy lewe. Dit is om die regeerder te word van ’n klein eilandjie in die suidelike Stille Oseaan!

The Hit List

e.tv 20:30

’n Man gaan een aand uit om te drink en beland in die geselskap van ’n vreemdeling wat hipoteties vra vir wie hy sal doodmaak as hy die geleentheid kry. Die man kom toe agter dat mense vermoor word . . . en toevallig is dit die mense op sy lys.

Legion

e.tv 22:20

Die hemel het na die hel toe verval en die engele daal neer na die aarde toe. ’n Paar mense wat in ’n padkafee vasgekeer is, het gelukkig die aartsengel Migael om hulle te beskerm.

Saterdag

The Waterboy

SABC3 19:30

Die sosiaal onbeholpe waterjoggie van ? kollege se voetbalspan kry die kans om normaal op te tree toe dit bekend raak dat hy taamlik bedrewe is in voetbal. Daar is egter een probleem: sy oorbeskermende ma wat dink almal wat probeer om haar seun van haar af weg te neem, is van die Bose.

Harry Potter & The Half-blood Prince

e.tv 19:30

Die jong towenaar Harry Potter en sy vriende ontdek ’n towerboek. Hulle is by die towenaarskool; wat maak dié boek dan so besonders? Dit bevat geheime oor hoe om lord Voldemort te verslaan en het aan “Die Halfbloed-Prins” behoort.

Miami Vice

Mzansi Magic 22:30

Twee straatwys Miami-polisiemanne werk in groot geheimhouding om ’n dwelm-en-wapensindikaat aan die kaak te stel. Nou is al probleem hoe om hul eie innerlike duiwels te besweer.

Sondag

Penguins Of Madagascar

M-Net 11:00

Dit is nooit te vroeg om kattekwaad op ’n Sondagoggend te bekonkel nie. En wie anders as die dolle pikkewynspannetjie van die Madagascar-flieks? Hulle gebruik nou hul vaardighede om ’n geheime dierespioenasieagentskap te help keer dat ’n mal wetenskaplike die wêreld oorneem.

The Mighty Ducks

SABC3 14:30

Ons gaan terug in die verlede om te kyk hoe Emilio Estevez die rol van ’n befoeterde man vertolk wat gevonnis is tot gemeenskapsdiens vir sy wangedrag. En die betrokke gemeenskapsdiens is om ’n groep onhebbelike kinders in ’n yshokkiespan af te rig.

The Hangover

e.tv 20:00

Hou jul broekspype vas, fliekvlooie – ons laat waai Las Vegas toe vir ’n vrygeselpartytjie wat uitloop op ’n vermiste bruidegom, ’n tier in die badkamer en ’n kameelperd in ’n motorsleepwa. Wat in Vegas gebeur, bly in Vegas, of hoe?